Main navigation









Leraar




Ds. Johan is op 4 Februarie 2018 in Lichtenburg Klipkerk bevestig.

Wat is vir hom belangrik in sy bediening?
- Wêreldsending en Evangelisasie (Hy glo dis die hoofroeping van die Kerk)
- Gemeentebediening: Die vestiging van 'n sterk liefdesbediening dmv
• Kleingroepe
• Dissipelskap
• Gebedsgroepe
• Bybelstudiegroepe
• Jeugbediening
• Huisbesoek
• Berading

Ds. Johan het in 1988 sy bediening as Pastorale Hulp in die NG Kerk Stellenbosch begin. Tydens sy diensplig in 1990 doen hy diens as Diensplig Kapelaan. Hy word in Oktober 1991 as voltydse leraar bevestig in die NGK Swartkopsrivier (nou bekend as Blouwaterbaai Familie Kerk).

Ds. Johan - het ‘n besondere hart vir gebroke en stukkende mense
- het 'n besondere passie om Jesus se liefde na mense uit te leef
- glo die Kerk moet 'n liefdesgemeenskap van Gelowiges wees.